REGVERDIGHEID
God is my redder;
Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie.
Jes. 12:2
God
is in beheer van my lewe, en alles wat my aangaan, word steeds deur Hom
reggestel en in harmonie gebring.
Ek
vertrou op Sy regverdigheid altyd aan die werk, en steur my nie aan die harde
woorde of onvriendelike dade van ander mense nie. As iemand nie regverdig of eerlik teenoor my
is nie, raak ek nie depressief of bekommerd nie. Ek glo in Gods wet van regverdigheid, en weet
dat alles volmaak uitwerk onder hierdie wet.
Ek is
self eerlik en opreg in al my onderhandelinge, en ek verwag dieselfde van ander
mense. Met my hele hart glo ek dat alles
vir my ten goede meewerk; dit wat my
toekom, sal niemand van my kan weerhou nie.
Die regverdigheid van God is aan die werk in my lewe, en ek is gelukkig,
vry en ongebonde, want waar Hy aan die werk is, werk alles ten goede mee – vir my
en vir my medemens.
Gebed: Ek glo
in Gods regverdigheid aan die werk in my lewe.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment