LIEFDE
Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. 1 Joh. 4:19
God
het ons lief. Daar is geen voorwaardes
wat ons moet nakom om Sy liefde vir ons te verdien nie. Ons is Sy kinders. Sy liefde is altyd tot ons beskikking deur
Christus wat in ons hart woon. As dit
nodig is dat ons vandag opnuut aan hierdie waarheid herinner moet word, sal ons
net stil word, en ons wend tot die Heer van ons hart. Hy sal ons welkom heet en tóévou in Sy suiwer
liefde.
‘n
Stroom van liefde sal ons hart binnevloei en tot oorlopens toe vul. Die foute van die verlede sal vergewe en
vergeet word, en met ‘n hart waar die liefde self woon, sal ons blymoedig kan
voortgaan op ons pad van lig.
Waar
daar liefde is, is vreugde en vrede en voorspoed, en vol entoesiasme maak ons
ons gereed vir al die seëninge wat God op ons gaan uitstort uit Sy Vaderhart
vol nimmer-eindigende liefde.
Gebed: Ek is ‘n
kind van God, oorvloediglik geseënd.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment