WEES LIEF VIR DIE HERE
Daarom is die liefde die volle uitvoering van die
wet. -
Rom. 13:10
Jesus
het gesê: “Jy moet die Here jou God
liefhê met jou hele hart en met jou hele
siel en met jou hele verstand. Dit is
die eerste en groot gebod. En die tweede
wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou
naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie
twee gebooie hang die hele wet en die profete.”
Ek
het die Here lief deur Hom te erken as die enigste krag in my lewe, as die bron
van al my heil. Ek het die Here lief deur
Sy teenwoordigheid in my te soek en deur ‘n kanaal te wees waardeur Sy lig,
liefde en krag vloei. Ek het die Here
lief deur Sy ewigdurende liefde te aanvaar en deur dit gedurig uit te straal na
almal rondom my.
Ek
het my naaste lief deur hom te aanvaar, deur hom te seën, deur hom te waardeer,
deur hom lof toe te swaai, deur die goeie in hom raak te sien, en deur te
probeer met my hele hart om hom te verstaan.
Ek
het die Here my God lief met my hele hart en ek het my naaste lief soos myself.
Gebed: Ek het
die Here my God lief met my hele hart en ek het my naaste lief soos myself.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment