VERGEWE
Vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe
wat teen ons oortree. - Matt. 6:12
Sê
ek miskien, “Ek kan nie vergewe of vergeet nie …”? Dan sê ek maar net dat ek nie gewillig is om
te vergewe of vergeet nie. As gevolg van
my klein menslike siening is ek onwillig om te vergewe ….
Maar
ek kan darem iets daaraan doen – ek kan my gedagtes ophef en Christus en Sy
liefde in my ken. Deur Hom wat gesterf
het vir al my sondes aan die kruis, is ek tot énigiets in staat! Ek kan vinnig en volkome vergewe. Ek kan bó menslike beperkinge uitstyg en met
Sy oë na die omstandighede kyk. Ek kán ‘n
liefdevolle, vergewende en begrypende mens wees. Ek kán enige neiging om hipersensitief, vol
wrewel en onvergewend te wees, oorkom in Sy liefde.
My
hart is gevul met liefde, en ek stort dit op alles en almal om my uit. Ek is tot álles in staat deur Christus wat in
my woon. Ek rus in die vrede wat Sy
liefde my bied, en dis vir my maklik om enigiemand wat my te na kom,
onmiddellik te vergewe. Ek word geseën
en is tot seën van my medemens.
Gebed: Deur
Christus in my vergewe ek maklik en volkome!
No comments:
Post a Comment