TROOS
Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!
Ps. 27:14 (OV)
Toe
Jesus na Sy opstanding aan Sy dissipels verskyn het, het Hy gesê, “Onthou:
Ek is by julle al die dae.”
Die
krag van die opgestane Christus is op hierdie oomblik ook binne-in my. Hierdie wonderwerkende krag van Christus in
my is lig, lewe, blydskap en vrede. Hy
is altyd gereed om enige ongemak te heel, om verdriet te troos en eensaamheid
te laat verdwyn.
Die
liefde van Christus vul my hart. Dit
vloei in my, deur my en om my, en omskep enige duisternis in lig wat my weg
verhelder. Sonder enige vrees gaan ek
stadig maar seker vooruit op my pad van lig.
Raak
ek onseker en bang, soek en vind ek my troos by Hom wat in my woon. Hy gee my krag en vertroos my. Ek wag op die Here van my hart, en vrede vul
my gemoed.
Op
enige plek, te enige tyd wanneer ek hulp mag nodig hê, doen ek ‘n beroep op die
Christus van my hart. Hy omskep my
twyfel in sekerheid en alle duisternis verdwyn in die niet voor Sy helder lig.
Gebed: Ek wag
op U Here! U alleen vertroos my!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment