GOD EERSTE
Here, U is my lewe. – Ps. 16:5
Die Here Jesus is my
lewe, en nooit is ek te besig of te moeg om Hom te loof en te dank vir die
wonder van Sy teenwoordigheid in my lewe nie.
“Dierbare Heer, ek
plaas u eerste in my lewe, en omdat ek dit doen, kom net die beste in my na
vore – die beste wat ek is in U. Nader
aan my as my beste vriend is U, altyd getrou daar vir my, in my goeie tye en
ook in die tye wanneer dit nie so goed met my gaan nie. U vat my hand, vou my toe in U kosbare
liefde, onderskraag en lei my elke tree van my weg. Hoe kan ek U óóit genoeg bedank vir die
wonder van U nabyheid en liefde, lig en krag in my lewe?
“U waak oor my
gedurende die dag en ook deur die donker nag. U
verhelder my verstand en stel my in staat om my heel beste te lewer, wat die
uitdaging waarvoor ek te staan mag kom ookal mag wees.
“U is die liefde in
my hart wat harmonie skep tussen my en elkeen wie vandag my pad mag kruis. U lei my en rig my op al my weë, en aan U
bring ek al die lof en eer van ‘n hart wat tot oorlopens toe vol liefde en
danksegging is. Dankie, dierbare Heer!”
Gebed: Dankie
dierbare Here Jesus, vir die wonder van U nabyheid in my lewe.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment