LIG
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige
teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. -
Jes. 60:1
Lig, reënboogkleurige, stralende lig deurdring my
ganse wese. Ek dink aan al die
wonderlike woorde wat lig beskryf, en ek word opnuut bewus van hoe vaal hierdie
wonderlike definisie van lig is in vergelyking met die ewige lig van God wat in
en deur my skyn, en my elke oomblik van my lewe ophelder.
Lig – helder, stralende, skitterende lig – verhelder my
verstand. My gedagtes word omskep in
liggedagtes en is vol moontlikhede. In
Gods lig sien ek baie duidelik. Elke
ervaring is deurdring en herskep in Sy lig.
In Gods lig kry my ganse lewe ‘n nuwe helderheid en duidelikheid, asook
nuwe betekenis.
Lig – lewendig, gloeiend, stralend – deurdring elke
sel en elke atoom van my liggaam. Elke
deel van my is met lig gevul en dans op die maat van lig. Ek gloei van lig, ek straal lig uit. Loof God vir Sy lig wat in my, rondom my en
in die wêreld vir almal skyn!
Gebed: Ek gloei van lig, ek straal lig uit. Loof God vir lig!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment