LEIDING
U vat my aan die hand.
U lei my met U raad. – Ps.
73:23-24
Hoe groot die rus en vrede wat ons hart binnevloei met
die lees van bogenoemde teks. Hy wat die
wysheid self is, en liefde, en lig – Hy vat ons hand as ons in die diepste
duisternis is – Hy lei ons en rig ons, en staan ons by met Sy alwyse hemelse
raad.
Maar – ons mag nie negatief wees nie. Ons mag nie só diep in sak en as gaan sit dat
Hý ons nie kan bereik, en Sy uitgestrekte hand dalk ongesiens by ons verby gaan
nie. Dit gebeur wanneer ons ons
verbeelding vrye teuels gee en toelaat
om weg te hol met ons gedagtes en soóons al hoe dieper in die moeras van
duisternis laat beland.
Al wat ons hier gaan help, is om stil te word, ons
diepste heiligdom binne te gaan, en daar in die stilte diep in ons hart, sal Hý ons
hand vat. Ons sal wéér die lig sien, en
sáám met Hom, positief en vol moed, sal ons góú weer ons voete vind – ons sal maklik om elke
hindernis beweeg en wenners aan die anderkant uitkom!
Gebed: Hou my hand styf vas, dierbaar Heer van my hart,
wanneer ek swak en op my kwesbaarste is!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment