JA EN NEE
Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie
smaak getuig.
Kol. 4:6
JA en
NEE is twee belangrike woorde,
wat, as ons hulle reg gebruik, getuig van ons goeie smaak en vriendelikheid.
JA is ‘n woord wat deure oopmaak. Wanneer ons vir die lewe JA sê,
betree ons ‘n wonder-lewe, want Hy maak die deure vir ons oop wat lei tot die
wonder van ons menswees – tot die wonder van heel Gods skepping. Ons begin sien met die oë van ons siel, en
weet wanneer ons moet JA sê, en wanneer NEE.
Vanuit
die liefde van Hom wat in my woon, sê ek
JA, en die deure wat voor my oopgaan, bied my die geleentheid om andere
te laat deel in hierdie wonder-liefde.
Ek sê JA vir sy Lig, en die deure wat voor my oopgaan
bied my die geleentheid om lig te bring, en insig, waar en wanneer nodig. Met soveel liefde en lig in my en om my,
weet ek wanneer om NEE te sê, en
wanneer JA, tot almal se hoogste heil.
Gebed: Vanuit
die wonder wat U is in my, is my JA en my NEE altyd reg.
No comments:
Post a Comment