INSPIRASIE
God is my redder;
Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie.
Jes. 12:2
Vas vertrouend op my Heer, plaas ek my lewe en alles
wat my aangaan in Sy liefdevolle sorg.
Ek weet Hy sal my lei en rig op al my weë. Geen enkele tree hoef ek sonder Hom aan my
sy, te neem nie. Geen uitdaging hoef ek
sonder Sy krag en sterkte die hoof te bied nie. Hy lei my tot die regte optrede op die regte
tyd, vandag, môre en elke dag.
Ek vertrou op Hom en is nie meer bang nie, want ek
weet daar is niks waaroor Hy nie heers nie, niks wat in in Sy krag nie
reggestel kan word nie. My geloof in Sy
krag en mag gee my die krag om die dinge te doen wat ek moet doen.
Die eerste ding wat ek doen is om my tot Christus, Hy
wat in my hart woon, te wend vir leiding en lig, en om dan te reageer op die
leiding wat Hy my gee. Kry ek dit nie
terwyl ek bid nie, weet ek dat ek my nie daaroor hoef te bekommer nie, want die
leiding, die ingewing van wat om te doen, sal op die regte tyd my te binne
skiet. God is my redder, Sy liefde is
my inspirasie, en sonder die geringste vrees, gevul met geloof, begin ek elke mooi
dag deur Hom aan my geskenk, met my hand styf vas in sy troue Vaderhand.
Gebed: GOD
IS MY REDDER!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment