Plek van Stilte
Laat die vrede van God in julle harte heers. Kol 3:15 (OV)
Diép, diép in my hart is daar ‘n plek van ábsolute
stilte, van onéindige kalmte. Al word my
gedagtes hóé onstuimig, hiérdie plek bly stil en rústig. Dít is die plek binne-in my waar Chrístus woon, dit is my éie diepste héíligdom van krag,
slegs één gebed, één gedagte ver.
Hiér word my gedagtes stil in die lig van Sý liefde –
hiér vind ek vrede, krag en heling vir my héle wese. “Wees stil en weet dat Ék God is,” is die
hemelse bevel wat ek gedúrig vanaf hiérdie middelpunt binne-in my ontvang.
Ek gaan dikwels hiérdie wonderlike heiligdom van lig,
liefde en krag binne. Soms wánneer dit
stil en rustig is om my, ánder kere weer in die geroesemoes en gejaag van my bésige
lewe. Hy is áltyd daar, áltyd gereed
om gedúldig na my te luister, om ‘n tráán af te droog, om my hánd te vat en my
te lei op die regte weg vir mý – om my hart met Sy líéfde te vul en rús te bring
in my málende gedagtes.
Ís daar nog ‘n geskenk só groot soos híérdie liefde en
vrede áltyd daar vir my? Hóé sê mens
dankie voor die wonder van só ‘n gróótse liefde?
Gebed: Dánkie,
dánkie dierbare Hemelvader, vir Ú vrede wat heers in mý hart.
~ Daelikse Woord aangepas ~
✉
: Koningsdogters vir Jesus Page @
Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
poppieoosthuizen @
gmail.com
1 comment:
I love u
Post a Comment