GEBED
‘n Mens moet gelowig bid en nie twyfel nie. - Jak.
1:6
Geloof wanneer ons bid, is die antwoord, ánders is jy
soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf
word ... sê Jakobus verder.
Sóms, as ons gebid het, en álles in ons vermoë gedoen
het om omstandighede te verbeter, maar dit lyk asof daar niks gebeur nie, begin
ons wonder of ons gebed óóit beantwoord gaan word, en onmíddellik is ons die
hulpelose brander in die see!
Dán het dit tyd geword om vás te staan in ons
geloof. Om te wéét, toe ons gebid het, hét
die krag van God oorgeneem, ál kan ons nie sy werke sien nie. Om só te glo, dat ons die geringste vrees of
twyfel ónmiddellik kan vervang met ‘n líéd van dank, kán ons seker daarvan wees
dat dinge sál verander – Gods werke kan nóóit faal nie.
Ons bid, en wag gedúldig op die vólmaakte werk van Sý
wonder-werkende Lig, Liefde en Krag en élke keer wanneer ons dit síén, is ons
geloof so ‘n bietjie sterker.
Gebed: U werke,
Heer, faal nóóit, en ek sê dankie, dankie dierbaarste Heer!
~ Uit Daelikse Woord
~
✉
: Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
poppieoosthuizen @
gmail.com
2 comments:
prem ratan dhan payo movie collection
Movie collection
Salman khan
premratandhanpayo-movie songs
premratandhanpayo-movie trailer
premratandhanpayo movie star cast/
prem ratan dhan payo movie collection
Movie collection
Salman khan
premratandhanpayo-movie songs
premratandhanpayo-movie trailer
premratandhanpayo movie star cast
Post a Comment