DANKIE, VADER!
God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met
vregde doen. Dit is ‘n gawe van
God. -
Pred. 5:18
My
hart is vol lof en dankliedere vir U.
Dankie, Heer, vir seldsame oomblikke – die wonderlike oomblikke in my
lewe wanneer ek kykies in U heerlikheid kry.
Dankie,
Heer, vir onderwysers en leraars wat deur hulle inspirasie so baie daartoe
bydra om my lewe te vorm.
Dankie,
Heer, vir vriende en medewerkers wat deur hulle voorbeeld vir my leer wat om te
doen en wat om nie te doen nie.
Dankie,
Heer, vir die gawe van liefde wat my lewe verryk en van elke dag ‘n
lewensavontuur maak.
Ek
sien U liefde in die glimlag van ‘n baba.
Ek
voel U liefde in die handdruk van ‘n vriend in tyd van nood.
Ek
dank U, Hemelse Vader, vir U gawes van vreugde, gesondheid, krag, vrede en
onmeetlike rykdom.
Gebed: Vir U
gawes Heer, dank ek U!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment