NUWE DAG
Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met
gejubel.
Ps. 126:2 OV
Hoe mooi is hierdie dag!
Ek is vrolik en bly. Blydskap sing in my hart, en liefde kyk deur
my oë.
Ek gee en ontvang geluk so ver ek
gaan.
Ek is energiek en vol lewe, in
die lewenskrag van Christus wat in my woon.
My blydskap en liefde is
aansteeklik, en dit dra seëninge oor aan elkeen wat my pad mag kruis.
Met ‘n ligte hart gaan ek vandag
voort op my pad van lig, en sien net die aangename en die mooie om my raak.
Ek ken die vreugde van ‘n hart
wat vir andere omgee. Ek het mense lief
en doen alles in my vermoë om hulle lewens ook aangenamer te maak.
Hierdie blydskap is ‘n borrelende
fontein in my diepste wese, en ek jubel en juig oor die wonder daarvan in my en
om my.
Hoe mooi is hierdie dag, en hoe
diep my dank vir die wonder hiervan wat ek met andere kan deel.
Gebed: Hoe mooi
is hierdie dag!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment