NOU!
Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. - Ps.
118:24
Nóú,
hierdie oomblik, is ‘n baie spesiale tyd in ons lewens. Dit is so spesiaal omdat ons nóú deel uitmaak
van die lewe.
Die
verlede is reeds geskiedenis. Ons kan
dit nie meer verander nie, maar ons kan daaruit leer en met meer wysheid
vooruitgaan. Die toekoms is vol
moontlikhede. Ons kan egter net so min
in die toekoms leef as wat ons in die verlede kan leef, daarom is dit wat ons nóú
doen so uiters belangrik. Dít wat ons op
hierdie oomblik dink en doen, bepaal ons toekoms. As ons dus ‘n aangename, suksesvolle toekoms
begeer, moet ons nóú die fondamente daarvoor lê.
Ons
spits ons aandag toe op hierdie oomblik.
Elke situasie benader ons met die wete dat ons besig is om ‘n mooi, ryk
toekoms te skep. Hoe meer ons die
belangrikheid van die hede besef, en die unieke waarde van elke oomblik, hoe
gelukkiger en ryker sal ons lewens word.
Ons juig en is bly oor die heerlike nóú!
Gebed: Ek juig
en is bly oor die heerlike nóú!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment