DANKIE, VADER
Wees altyd bly.
Bid gedurig. Wees in alle
omstandighede dankbaar.
1 Tess. 5:16-18
“Heer
van my hart, ek is miskien nie daartoe in staat om my gedagtes en gevoelens in
digterlike woorde van lof en dank uit te druk nie maar my hart is vol lof en
waardering. Ek weet dat my
eenvoudige “Dankie, Vader”, U bereik, en dat U sal verstaan dat dit gevul
is met my waardering vir die skoonheid van hierdie môre, en die mense wat my
dag sal vul. My “Dankie, Vader” vertel ook vir U van die waardering wat ek het
vir die liggaam waarin ek lewe, vir al die wonderlike dinge wat dit vir my doen
en my toelaat om te doen.
Terwyl
ek “Dankie, Vader” sê, wel daar in my
hart ‘n gevoel op wat nie maklik is om te beskryf nie. Ek onthou ou klein dingetjies waarvoor ek
dankbaar is. Ek onthou die viooltjies
van verlede lente, ‘n kerskaartjie van ‘n vriend wat ek gedink het my al
vergeet het, ‘n kind wat sy vriendskap aangebied het.
Dis
maar ‘n paar van die gedagtes in my oorvol hart terwyl ek my na U wend in lof
en waardering, Heer van my Hart.”
Gebed: Dankie,
Vader!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment