ONTHOU
Hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees. Julle moet dit as ‘n fees tot eer van die
Here vier. – Eks. 12:14
Diep
in die stilte van My siel spreek my Heer tot my: “Jy is Myne en Ek is baie lief vir jou. Daar is niks wat jy kan doen wat My liefde
vir jou kan laat afneem nie. My liefde
is nie van hierdie wêreld nie - dis ‘n
suiwer, diep liefde, en niks kan ooit tussen ons kom staan nie.
“As
dit ooit vir jou voel die uitdaging voor jou is te groot om te hanteer, onthou
net wie en wat jy werklik is – My geliefde – en vir My is jy baie nodig en
belangrik op die plek waar Ek jou geplaas het.
Vir geen oomblik sal Ek jou in die steek laat nie. Elke tree wat jy neem sal Ek jou lei, en as
jy luister en wandel in My lig, sal jy soms verbaas staan voor die wonder van
My werke in jou, deur jou en om jou.
“Laat
My liefde in en deur jou skyn, en jy sal ‘n baken van liefde en lig wees vir
almal om jou. ‘n Lig so helder dat
andere ook daardeur geseën word, ‘n liefde so skoon en diep, dat andere ook
daarin rus vind vir hul moeë siel. Kyk,
Ek is hier by jou!”
Gebed: In U
liefde Heer, staan ek sterk!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment