BESKERMD
Die Here dink aan ons.
- Ps 115:12
Wat ‘n
mooi idee om ons dag mee te begin - Die
Here dink aan ons - en as Hy aan
ons dink, is ons mos beskermd. Vandag
gaan ek, sodra ek onveilig voel, sodra ek onseker of bang voel, vir myself
sê: My Heer dink aan my, en weet, wat ek
eintlik sê is dit – My Heer is mét my!
Of
ek êrens heen op pad is, of tuis bly - My Heer is mét my. Hy vou my toe in Sy liefde. Hoe heerlik om so veilig te voel in hierdie
land van ons wat so onveilig is. Hoe
heerlik om te weet Hy is steeds aan my sy - My Heer dink aan my!
Ook
vir my vriende, familie en geliefdes, ja, ook hulle wat vir my onbekend is en
tog saam met my hierdie land bewoon – vir elkeen bid ek: In Gods liefde is julle veilig!
Hoe
diep my dank vir hierdie grootse liefde wat my Vader op my uitstort. En vanaand wanneer ek my dag afsluit met die
gedagte - My Heer dink aan my- Hy is met my,- raak ek sonder kommer
aan die slaap, ontspanne in die wete dat ek veilig in Sy troue sorg is!
Gebed: My Here
dink aan my, Hy is met my! Baie dankie
dierbare Vader.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment