NET VIR VANDAG
Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. - Ps.
118:24
Net
vir vandag sal ek onthou om my nie te bekommer of vir enigiets bang te wees
nie. Ek sal geduldig en vol vertroue
wees. Ek sal my gedagtes positief hou,
en sal liefdevol, verstandig, vol harmonie en begrip wees – ek sal ‘n
omgee-mens wees!
Net
vir vandag sal ek blymoedig doen wat van my verwag word. Klein dingetjies sal vir my geluk bring. Ek sal met oorgawe ontslae raak van ou ongelukkige gedagtepatrone, en dit vervang met
vrolike, verkwikkende lig-gedagtes. Van
alles wat nie opbouend van aard is nie, sal ek ontslae raak in wat ek dink, en
wat ek sê en doen.
Net
vir vandag sal ek nie aanhou tob oor siektes en skete nie. Ek sal dankie sê vir Gods lewenskrag wat klop
in my hart en vloei in my are, en heel en genees so ver dit gaan.
Net
vir vandag sal ek nie met nostalgie verlang na die verlede of uitsien na die
toekoms nie, want vandag is die mooiste dag wat die Here gemaak het!
Gebed: Dankie,
Heer, vir hierdie mooi dag wat U gemaak het!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment