DIE GAWE VAN LEWE
In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die
mense. -
Joh. 1:4
Hoe
kan ek God óóit genoeg loof en dank vir die wonder-geskenk van lewe wat Hy aan
my gegee het? Vir die wonder-liggaam
waarmee ek sy skepping kan raaksien en waardeer – vir die wonder van heel sy
skepping om my, wat dit vir my en elke mensekind in staat stel om hier te lewe
– om te help om Gods Plan van Liefde en Lig hier te laat seëvier.
Nie
om dowe neute het Hy die mens deel van sy skeppingsplan gemaak nie – aan ons
elkeen het Hy die verantwoordelikheid gegee om te sorg vir alles wat saam met
ons hierdie aarde bewoon. Maar dóén ons
dit – dóén ek dit?? Is my hande vol
deernis teenoor andere? Is my stem sag
en strelend wanneer ek met ander om my praat?
Is my lewensbenadering positief en opbouend van aard? Is ek ‘n positiewe, vrolike mens, wat die
lewe vir andere om my ook mooi en aangenaam maak??
As
ek tot dusver nie was nie, dan gaan ek dit van nóú af wees! Teenoor my geliefdes en vriende, maar ook die
totale vreemdeling langs die pad en elkeen wat my pad mag kruis. En ek kán, want God wat my die lewe gegee
het, het vir mý ook die krag gegee om die mens te wees wat Hy my geskép het om
te wees!!
Gebed: Ek is
Lig, ek is Liefde, en ek is Krag en gaan van nou af vir God bly maak!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment