VOLMAAKTE WEG
Die weg van God is volmaak. -
2 Sam. 22:31
(OV)
Dit maak geen verskil wat die situasie mag wees
nie, vandag volg ek die volmaakte weg vir my – die weg van God. Met vertroue en vol moed stap ek voort op
hierdie weg, met my oë God-gerig vir die regte leiding.
Ek bid dat Hy vir my sal wys hoe ek die probleme
waarmee ek te doen mag kry, kan oplos.
Oor die toekoms bekommer ek my nie, en die verlede bestaan nie meer
nie. Vandag is ‘n helder, nuwe dag, en
die lig wat ek vandag nodig het, sal aan my gegee word.
Ek bid dat Sy liefde in my hart my oë sal
oopmaak om andere wat soek, met ligbring-liefde te lei na die volmaakte weg vir
hulle.
Ek doen wat ek moet doen, en glo dat God my lei,
elke tree van die weg, altyd tot my hoogste heil. Dis ‘n weg hierdie waarop liefde en
vriendskap en harmonie groei en bloei, want dit is die weg van God.
Met Gods leiding wandel ek vandag op die weg wat
vir my volmaak is – Sy pad van lig.
Vrolik en bly wandel ek op hierdie pad saam met my dierbare Heer, veilig
en geborge in Sy liefde, sterk in Sy krag –
die volmaakte weg vir my!
Gebed: Gods pad
van lig is die volmaakte weg vir my.
No comments:
Post a Comment