NET HIER BY MY
Ek is by julle al die dae. -
Matt. 28:20
Jesus
het gesê: “Soek My op vroeg in die oggend wanneer die dag nog jonk is, en Ek
sal daar wees vir jou, gereed om die nuwe dag saam met jou binne te gaan. Roep My aan laat in die aand, en Ek sal jou
toevou in My liefde.”
Soek
jy Hom nog op vroeg in die oggend en laat in die aand? Indien nie, begin sommer dadelik om dit te
doen, want ‘n beter metgesel deur die dag sal ons nêrens vind nie – beter beskerming
deur die ure van die nag is nêrens beskikbaar nie. En die seën van hierdie waarheid is só
maklik om ons eie te maak! Ons hoef net
die Heer van ons hart op te soek, vroeg in die oggend en laat in die aand, en
Hy is daar vir ons!
Deur
die nag sal Hy ons nie net beskerm nie, Hy sal ook ons siel verkwik, en ons sal
weet, want ons sal met ‘n lied in ons hart wakker word. En ons sal die versekering hê dat Hy by ons is deur die dag, want die lied sal
ons bybly, óngeag die eise wat aan ons gestel word!
Gebed: Ek soek
U op, Heer, elke dag!
No comments:
Post a Comment