VERGEWE
Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een
iets teen die ander het. - Kol. 3:13
Wanneer
ons op reis gaan, besluit ons wat ons met ons sal saamneem. Ons sal beslis nie ‘n warm jas na ‘n tropiese
eiland saamneem nie.
As
reisigers op ‘n pad van lig, wil ons elke mooi dag deur God aan ons geskenk,
ten volle geniet. Om dit te kan doen,
moet ons ook besluit wat ons met ons gaan saamneem. Ons kan ou wrokke, griewe, seer,
selfveroordeling en foute uit die verlede met ons saamdra – oortollige bagasie
wat ons reis minder aangenaam sal maak.
Dit het ons nie nodig nie! Hoe
nou gemaak?
Daar
is net een manier om van al hierdie oortollige bagasie ontslae te raak, en dit
is deur die liefde van ons Heer. Ons
gaan ons diepste heiligdom binne en maak ons hart wawyd oop vir Sy liefde om
dit binne te vloei, en alles wat nie liefde georiënteerd is nie, sal van ons af
wegval soos mis voor die son. Ons
bagasie sal lig wees, ons dag vol en ryk.
Vry en bly sal ons voortgaan met ‘n lied in ons hart, en hope liefde om
te gee en te deel met ons medemens.
Gebed:
Vergifnis maak my vry, en liefde maak my bly.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment