JOU NUWE REALITEIT
In Christus ontdek jy jou nuwe
realiteit. Om minderwaardig te voel, is ‘n leuen. Siekte is nie jou realiteit
nie. Om verwyderd van God te voel en te lewe, is ook nie jou realiteit nie. Dis
‘n vals realiteit. Wat is ‘n mens se realiteit? Dit is dit wat jy as die
waarheid en die werklikheid beskou. Maar dit is slegs jou opinie van die
werklikheid. Jou persepsie. En persepsies kan en moet verander. Ons is wie God
sê ons is. Dis ons realiteit. Nie wat ons ouers en onderwysers en vriende sê
nie. In Christus ontdek jy jou ware identiteit en realiteit!
No comments:
Post a Comment