‘N SEËN
Jy moet tot ‘n
seën wees. - Gen.
12:2 (OV)
Here,
in die stilte van hierdie môre-uur kom ek na U toe vir vrede, vir wysheid en
vir krag …
om
die wêreld vandag te sien deur oë vol liefde,
en
geduldig, begrypend en sag te wees.
Om deur
die voorkoms van dinge te kyk,
en U
kinders te ken soos U hulle ken,
en
dus in hulle niks anders behalwe die mooie te sien nie.
Maak
my ore doof vir skinderpraatjies,
weerhou
my tong van die onvriendelike woord,
en
laat net seënende gedagtes in my woon.
Laat
my so vol blydskap wees, so vriendelik,
dat
almal naby my U teenwoordigheid aanvoel.
Beklee
my in U skoonheid Heer, dit is my gebed.
Laat
U Liefde, Heer, U Lig en Krag,
vandag
in en deur my werk en straal,
tot
sëen van andere.
Gebed: Maak my
vandag U seën, o Heer!
No comments:
Post a Comment