WEES ALTYD BLY!
Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd
jubel. -
Ps 5:12
Wat
moet ons doen om bly te wees? Volgens
Dawid moet ons by God skuil, en om by God te skuil, is om diep binne-in sy
koninkryk te skuil. En waar is hierdie
wonder-koninkryk dan? Binne-in ons, het
Jesus gesê. Dit is waar ons die vlam van
Christus sal vind!
Hoe
vind ons dan hierdie koninkryk sodat ons daarin kan skuil? Deur net stil te wees en vertroue te vind in
hierdie koninkryk. Deur ons liefde en
naastediens, vind ons hierdie koninkryk.
Deur enigiets wat ons doen wat goed en mooi en edel is, vind ons hierdie
wonder-koninkryk.
En
as ons dan hierdie koninkryk gevind het, en ons eie gemaak het, brand die vlam
van Christus al hoe helderder in ons gedagtes en in ons hart. Elke sel en atoom in ons liggaam word
daardeur verlig – ons hele liggaam word omskep in ‘n stralende ligwese, en met
soveel liefde in ons hart, soveel vreugde in ons gemoed, kan ons nie anders as
om te jubel en te juig nie! Dankie,
dankie, dierbare Heer van my hart! U
maak my, o, so bly!!
Gebed: By U
skuil ek, Heer, elke oomblik van my lewe!
No comments:
Post a Comment