DIE MOONTLIKE DROOM
Vir die een wat glo, kan alles. -
Mark. 9:23
As
dit wat ek in gedagte het soms heeltemal buite my bereik skyn te wees, weier ek
om moedeloos te word. Ek het immers tog
al ver gekom in die lewe.
Sommige
mense mag my ‘n dromer noem, maar nou dat ek ‘n pad van lig bewandel, het ek al
geleer dat ‘n mens se drome en hoop tog bewaarheid word. En dit, weet ek, is moontlik omdat ek tot
alles in staat is deur Christus wat in my woon!
EK
DINK EK KAN! As ek vir my ‘n doelwit daarstel, dank ek heel eerste my Heer, want
dit is Hy wat my die visie en insig gee om die moontlikhede wat voor my lê,
raak te sien.
EK
WEET EK KAN! Die vertroue wat ek in my
eie vermoëns om die doel wat ek voor oë het, te bereik, is gegrond op my geloof
in Gods wysheid en krag altyd daar vir my.
EK
KAN DIT DOEN! Daar is ‘n ou gesegde wat
sê dat die reis van ‘n duisend myl met een enkele tree begin, en met dié
doelwit wat ek vir myself daargestel het, het ek die eerste tree geneem!
Gebed: Ek glo,
en ek KAN ALLES in JESUS!!
~ Uit Daelikse Woord ~
2 comments:
Testing testing test
Post a Comment