Saturday 14 May 2016

Beskerming








BESKERMING


Moenie bang wees nie, want Ek is by jou.  -  Gen. 26:24


Hoe heerlik is dit om te weet dat Gods se lig, liefde en krag áltyd tot my beskikking is, al is die uitdaging waarvoor ek te staan kom ook hóé groot.


Met Hóm aan my sy, kan énige uitdaging omskep word in ‘n seën op my hemelse pad van lig.  Élke tree van die pad is Hy dáár om vir my te lei in Sy lig, te omvou en onderskraag in Sy líéfde, en Sy krág om my ‘n oorwinnaar te maak. Met wapenrusting soos híérdie op my lewenspad, word ek gelei tot groter sukses en lewensvreugde.


Christus beskerm my en lei my.  Wáár ek ookal mag gaan en wát ek ookal mag doen, Hy is áltyd aan my sy.  Hy is my stok en my staf, en in Sý liefde gaan Hy voor my uit om die pad wat ek moet gaan véílig en tot my hóógste heil te maak.


Dánkie Heer, vir *Ú* liefde wat mý én my geliefdes voortdurend omvóú en beskérm – vir U lig *só* helder op ons lewenspad, en vir élke uitdaging wat ons suksesvol oorkom in *Ú* krag en genade.  Báie dankie, dierbare Vader.


Gebed:  In *Ú* lig Heer, handel en wandel ek!


~ Uit Daelikse Woord ~


Silwer Hare Tussen Goud / Facebook





 


Wednesday 4 May 2016

Troos








TROOS


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (OV)


Ons hoef nóóít alleen of bang te voel nie, want ons Hemelheer is *altyd* by ons. “Juig, die Redder is daar!”, is ‘n belofte wat aan ons gegee is en ons wéét dit en gló dit!  Hy is ons krág en ons stérkte, ons skúílplek deur *elke* storm.  Met Sy gróót liefde vou hy ons toe soos ‘n warm *winterkombers*.


Hóé groot en onoorkombaar die uitdagings ookal mag wees, wat in ons pad mag kom – ons Rédder is dáár!  Binne élke uitdaging, gróótste gevaar, díépste hartseer, verplétterende hártseer of díépste terneergedruktheid- of depressie – ons Rédder is daar, áltyd gereed om die régte deure *wéér* vir ons oop te maak en ons van die nódige krag te voorsien om voort te gaan met ons lewe, ál lyk *alles* ook *hóé* donker om ons!


Ons héle lewe mag verander omdat ons iemand wat báíe ná aan ons verloor het – ons Rédder is nog stééds daar om ons te vertróós, ons trane af te droog met Sy *hémelse sakdoek*, en ons hart wat in *dúísende stukkies* gebreek is, *wéér* op te tel van die grond af en heel te maak met die *hélende, wárm liefde* wat kom uit Sý gróótse Vaderhart – Hy is *dáár* om ons te *drá* as ons nie verder kan loop nie en neergesak het op ons knieë – wanneer ons lewenslas net té swaar geword het en die dae om ons *in pikswart dónkerte* verander het. -  Dankie, Hémelse Vader en Rédder dat  *Ú* nóóit ver van ons af is nie.


Gebed:  Júíg, die Rédder is daar!




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~




Trane in God se Fles / Facebook


 


Sunday 1 May 2016

'n Nuwe Mens








‘N  NUWE  MENS


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  Die oue is verby.  -  2 Kor. 5:17


Miskien het jy onder mense se onbedagsame tonge deurgeloop ... wat jou  beskuldig het as dom, vergeetagtig, onhandig, skaam of hulle het jou uitgekryt as te maer of te vet of selfs lelik ...  Sulke aantygings het die nare gewoonte om vas te haak in mens se gedagtes, sommer vir baie jare en wanneer jy dit die minste verwag, kom dit weer kristalhelder terug na jou toe ...  Wat is die beste manier om van so ‘n onaangename “label” ontslae te raak en te begin glo in jou eie waarde as mens?


Begin nou sommer ónmiddelik om die núwe mens te wees wat jy graag sal wil wees, deur vir jouself te sê dat jy deur Jésus Christus wat in jou woon, ‘n nuwe mens *is* en gee hierdie onwelkome “pakkie” vir Hom wie jou so ontsettend baie liefhet.  Begin dan ook dádelik om die stelling uit te leef.  In Sý lig, liefde en krag, jou drie stralende diamante, beskik jy oor *alles* wat jy nodig het om die nuwe mens te wees wat jy graag wil wees.  Daardie “labels” op jou is net tydelik vasgeplak en wag net om van jou af te val.  En JESUS *sάl* dit vir jou laat gebeur as jy hom net vrá en gló en vertróú daarmee!


Géén negatiewe siening het énige houvas meer op jou nie.  Die ou dinge is verbý, en omdat jy met hárt en síél aan Christus behoort, en Hý die Leidsman en Koning van jou hart is, sál *alles* wat jy sê en doen van nóú af slegs Sý goeie lewens kwaliteite , Sy líéfde, líg en krág uitbeeld!


Gebed:  Dánkie Here Jesus, ek is nóú ‘n núwe mens.  Die óú dinge is viréwig verby!



 ~ Uit Daelikse Woord  Aangepas ~



Trane in God se Fles / Facebook