Wednesday 17 May 2017

TRANE






TRANE


DIE OPENBARING 21:4  Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”


God sien jou trane.  Soos enige liefdevolle ouer is dit nie vir Hom lekker om te sien hoe swaar jy kry nie.  Hy wil jou vandag troos.  Hy wil weer daardie pragtige glimlag van jou sien.


Kom sit hier by Sy voete en praat jou hart uit.  Al is Hy ‘n alwetende God, wil Hy steeds hoor dat jy Hom vertrou deur in afhanklikheid jou hart teenoor Hom uitstort.  Wanneer hartseer gedeel word, halveer dit.  Die las word ligter en jy kry perspektief op die aangeleentheid.


Droog nou jou trane af en kyk die lewe in die oë.  Jy kan aangaan, want God gee jou die krag om voort te gaan.  En as die hartseer jou weer pak,...dis in orde.  Kom huil maar weer ‘n bietjie by Hom.


Trane was die gemoed, dit suiwer die siel.


#GerhardFourie
#MyVriend
#WWJDdagstukkie


Geplaas deur: 

https://www.facebook.com/309808389162337/photos/a.310507495759093.1073741827.309808389162337/1231534853656348/?type=3&theater