Thursday 18 August 2016

BOU BRÚE








BOU BRÚE


Toe sê Hy vir die verlamde man:  “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”  -  Luk. 5:24


Hierdie teks is maar een van véle wat getuig van die wonderwerkende krag van God, soos oor en oor deur Jesus bewys, en wat déúr Hom ook daar is vir óns.


Om dit te vind moet ons bid, want élke gebed is soos ‘n brug – ‘n brug van geloof wat ons bou oor elke dal van diepste duisternis.  Ons bid en ons gló in die dinge wat ons nie sien nie – ons gló in die wonderwérkende krag van God aan die werk al kán al kan ons dit nie sien nie, en Hý wat in die verborge werk, stel álles wat op die oog af verkeerd lyk, reg.


Ons bid en die brug van gebed waaroor ons loop bevry ons van álle pyn.  Dit vervang wréwel met vergífnis, háát met líéfde, en álles wat nie bydra tot ons sieleheil nie, álle kommer en sorge, verdwyn soos mís voor die son!


Hóé heerlik om so ‘n brug te kan bou oor ál die uitdagings van ons lewe – en hoe máklik!  Slegs één gebed is ál wat nodig is!


Gebed:  Ek bid en in Ú krag staan ek op, Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening /Facebook


Ek weet dat God ...






Ek weet dat God
niks in my lewe sal 
toelaat wat ek nie
kan hanteer nie.
Ek wens net soms dat
Hy my nie so baie
vertrou het nie.

  
~ Moeder Teresa ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook




 

Ek hou op om God se dagboek te probeer bestuur ...








Tuesday 9 August 2016

Die HERE kyk uit die hemel










Het jy dalk ver weggewaal?










Gee jou hart aan JESUS












VOORWAARTS








VOORWAARTS


Ek span my in om by die wenstreep te kom sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.  -  Filip. 3:14


Of dit nou ‘n klein stroompie of ‘n malende watermassa is, alle riviere is op pad na dieselfde bestemming – seewaarts!


Só is ook alle kinders van die lig op pad na diéselfde bestemming – Godwaarts!  Dis waarheen ons pad van Lig ons lei;  en die doel wat ons voor oë het, is om Gods koninkryk ons éie te maak.


Soos die stroompie nié moedeloos raak daar waar hy tussen rotse en allerhande versperrings heen sy pad moet vind nie, so sal ék ook nie moedeloos raak voor alllerhande versperrings nie.  Ek span álles in om by die wenstreep te kom, sodat ek ook die hémelse prys waartoe God my geroep het in Christus Jesus, kan vind – voorwaar die móéite werd om voor te veg.  En in dié proses word ek deel van ‘n stroom van godgerigte gedagtes van alle Ligmense dwarsoor die wêreld tot eer en verheerliking van ons Skepper, Heer en Meester van ons elkeen se hart.


Gebed:  Ek span my in om by die wenstreep te kom.



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook






 


Blomme is die mooiste goed