Monday 23 October 2017

GOD HET ALLES GEMAAK








GOD HET ALLES GEMAAK
deur Nina Smit


Die see is Syne, Hy het dit gemaak, sy hande het die land gevorm.  Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer ... kom ons kniel voor die  HERE  ons  SKEPPER!   -  Ps. 95:5-6


God het álles gemaak:  die wêreld waarin jy woon, die sterrehemel, die mense en diere en plante en blomme.  Dié God wat jy aanbid is die Skeppergod.  Ook onderhou Hy sy skepping élke dag.


Om maar één voorbeeld te noem: ons sterrestelsel beweeg teen die ongelooflike spoed van meer as 780.000 km per uur.  Selfs teen hierdie geweldig snelheid neem dit ons sterrestelsel 200 miljoen jaar om één omwenteling te voltooi.  En daar is meer as 'n biljoen sterrestelsels soos ons s'n wat almal met 'n verstommende orde en doeltreffendheid funksioneer. Tog ken God elke stêr by sy naam.  Hóé verstommend  GROOT  is híérdie  GOD wat  DIT  alles gemaak het!


Here, ek loof U vir die wêreld wat U so wonderlik gemaak het.  Dankie dat U, wat só groot en heerlik is, mý ken en liefhet nog lank voordat ek gebôre is!


God het die aarde uit LIEFDE geskep en vir die mens 'n SPESIALE plek daarop gegee.


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook






GOD HET MY LIEF







GOD  HET  MY  LIEF!


Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en liefhet ... Moenie bang wees nie,  Ek is by jou.  -  Jes. 43:4-5


Wat 'n héérlike gedagte!  GÓD het my lief - nét soos ek is, net hier waar ek nóú is!  In my lewe was ek al op baie verskillende plekke, en het ek al baie dinge ervaar.  Nuwe ervarings sal my nog verder neem op my lewenspad.  Maar ek stres níé daaroor óf is bang daarvoor nie, want ek wéét *dít* wat ek nou ervaar stem ooreen met die geestelike vlak waar ek is, as kind van GOD.  Hóé *náder* ek aan Hom beweeg, hoe *méér* sien Hy na my om op élke gebied van my lewe.


Met HÓM aan my sy is ek ÁLTYD op die régte plek, 'n plek wat ek met familie, vriende en kollegas deel, 'n plek wat bydra tot my verdere geestelike groei.  Die kamer, woonstel of huis waarin ek woon, is vir my 'n áángename tuiste, omdat ek dit deel met  GOD wat in die begin van my lewe, toe ek gebôre is vir my gesê het: "EK en jy!"


HY  kyk na my deur Sy oë van Liefde, en vou my in Sy Ewige Liefde toe.  Hy fluister sag vir my dat hy tróts is op my, Sy kind, en ek kruip vertrouend onder Sy vlerke van beskerming in.


Gebed:  Dankie Vader God dat U my altyd lei deur u Gees na die regte plekke wat U vir my uitgekies het en my veilig hou in U arms.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


Friday 13 October 2017

VRIENDSKAP







VRIENDELIK


As broers moet julle mekaar altyd liefhê.  Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.  -  Hebr. 12:1-2


Élke dag is 'n núwe dag met nuwe érvaringe, en kom ek in aanraking met verskillende mense.  Sommiges mag aangenaam en vriendelik wees, terwyl ánder weer nors en kortaf mag wees.  Áfgesien van hoe ándere vandag met my gaan wees, besluit ek nou en hier om in die *líéfde* van Christus ín my hart, áltyd vriendelik, gasvry én hoflik te wees - die Christus in mý gaan hulde bring aan die Christus in húlle, en ál die liefde wat só vrygelaat word, gaan harmonie skep óm ons.


Van Christus tot Christus gaan ons vandag sáámleef.  Ons gaan élke oomblik omskep in 'n móói oomblik, ons gaan híérdie dag omskep in 'n mooi, áángename dag, en Christus se lig helderder in en deur ons laat skyn.


Ek gaan my daarop toelê om vándag, môre en ál die môres daarna, met 'n lied in my hart élkeen wat my pad mag kruis, vríéndelik, hóflik, spóntaan en gásvry, te behandel.  Hóé heerlik sal ons saamwees nie dan wees nie!  En hoe móói sal ons dag met Christus se Liefde ingekleur wees!!


Gebed:  Dánkie, Heer, dat ek vandag in *Ú* liefde, 'n ómgee-mens kan wees vir ander.  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook



 


Dankie kosbare Hemelse Vader










Dankie kosbare Hemelse Vader,
vir die groot genadegawe om
in vryheid tot U te kan bid.
Gaan asseblief met Christene
in vervolgde lande.
Beskerm en bewaar hulle
deur U engele laer.
Maak hulle en hul volgelinge
onsigbaar vir die Bose.
En gee, Vader, dat wonderwerke
sal gebeur deur U Vaderhand,
sodat mense van hierdie Bose Magte
ook almal hulle hart aan U sal gee en
hul tot U sal bekeer.
In Jesus Naam.
Amen

 
Jesus se Seunskind / Facebook