Sunday 1 October 2017

VÁNDAG BID EK VIR ANDER







VÁNDAG  BID  EK  VIR  ANDER


Bid vir ons.  -  2 Tess. 3:1


Dit is báie belangrik dat ons vir ander bid.  Maar *vóórdat* ons dit doen, moet ons eers sélf ons diepste heiligdom van krag, wáár Jesus woon, binne-gaan om daar gevúl te word met die nodige lig, liefde en krag, wat óns weer kan gebruik om *ánder* te seën.


Stralend in die lig van ons Hemelse Vader, dink ons aan ons geliefde fámilie en vríénde, en *óók* ons Christenvriende waar hulle ookal vir hulle mag bevind.  Ons seën hierdie kósbare mense in ons lewe, en síén hoe hul lewens in Gods volmáákte orde en harmonie ontvou.  Ons sien hulle stralend na géés, síél en liggáám.


Nou laat ons ons gedagtes vérder uitkring om ons *éie* gemeenskap in te sluit en *óók* ons land.  Ons sien hierdie lig *wyer-en-wyer* uitkring oor ons landsgrense heen, om *élke* mens wat saam met ons op hierdie aarde woon te *seën en te lei*.


Die  *LIG*  van God skyn *ín* ons en *óm* ons, tot seën vir élkeen vir wie ons bid.


Die  *LIEFDE*  van God vloei *ín* ons en *óm* ons,  en omvou élkeen vir wie ons bid.


Die  *KRAG*  van God werk *ín* ons en *óm* ons, en vul élkeen vir wie ons bid met núwe krag en moed.


Gebed:  Dánkie Hemelse Vader vir die gróót voorreg om vandag vir  *ÁL*  u kinders te kan bid.  In Jésus  lieflike Naam.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


No comments: