Wednesday 4 October 2017

JESUS EK VERGEWE OMDAT *Ú* MY VERGEWE HET.







JESUS  EK  VERGEWE  OMDAT  *Ú*  MY  VERGEWE  HET.


Geliefdes, ons moet mekaar liefhê.  -  1 Joh. 4:7


Daar is géén plek in my hart vir enige vorm van woede of nydigheid  nie, want Líéfde woon daar.  Híérdie Liefde reinig my van *álles* wat nie van die lig is nie, en vul my met die nódige omgee teenoor my medemens.  Dit laat *géén* plek vir énige vorm van duisternis nie, en géén haatdraendheid kan daar posvat nie, want ek vergewe nog *vóórdat* ek seerkry.


Ook dinge van die verléde word uitgewis, want my vergifnis en die Líéfde wat daarmee saam gaan, ken géén tyd of ruimte nie.  Skóóngewas in die liefde van my kósbare Heer, Jesus Christus, is ek *vrý*, en gaan ek met 'n hart vól liefde van dag tot heerlike dag voort op die weg wat ek inslaan - 'n weg wat tot seën is van my Heer én my naaste.


Ek draai my rug en stap weg van énigiets wat negatief is.  My antwoorde is áltyd sag en vól omgee.  In stilte seën ek díé mense wat my kritiseer en afbreek, en ek gló met my hele hart en siel in die rég en régverdigheid van God, die Álmagtige Vader.


Wat ánder se houding teenoor my óókal mag wees, ek *síén* vir Jésus Christus in hulle!


Gebed:  Liefde, regeer in my hart en ek vergewe deur *Ú* wat my krag gee.  Dánkie dierbare Jesus.  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook






 


No comments: