Thursday 31 December 2015

Oujaarsdag Gebed








Oujaarsdag Gebed

Hemelse Vader

Die jaar se asem is bykans op. 2015 is amper verby. Teen die spoed van een dag op ’n slag het 2015 voor ons oë verbygesnel.

Ons dank U, Here, dat U op wie weet hoeveel maniere gedurende die afgelope jaar in ons midde aanwesig was:

·         Toe dit donker was, het U u hemelse lig laat skyn.

·         Toe slegte nuus in die omgewing was, het Jesus se Goeie Nuus opgedaag.

·         Toe geweld en chaos gedreig het om oor te neem, het u vrede getriomfeer.

·         Toe moed en hoop weggesyfer het in die sand, het die hoop wat U bring, in ’n paar harte bly brand.

Op wonderlike maniere het U u vingerafdrukke op ons lewens agtergelaat in 2015:
·         Toe ons gepleit het, het U op u eie maniere ons gebede verhoor.

·         Toe ons brood by die hemel gaan bedel het, was Christus ons nogmaals genadig en het Hy van voor af met ons begin.

·         Toe ons dors was, was Lewende Water altyd in die nabyheid.

O Here, U was en is steeds net een gebed ver.

En nou wink 2016. Ons weet nie wat alles vir ons voorlê nie, maar ons weet U sal in die nuwe jaar met ons wees. Daarom dat ons 2016 kan omhels. Ons is nie alleen nie. Ons is nie soos mense sonder hoop nie. Alles en behalwe. Ons is u duurgekoopte eiendom. Tree vir tree loop ons saam met U, wat die Pad en die Eindbestemming is. In u Naam durf ons reuse aan en loop ons deur groen weivelde.

Dankie dat U ons hoop is!


Amen




~ Stephan Joubert ~

Wednesday 30 December 2015

LAAT LOS LAAT GOD









LAAT  LOS  LAAT  GOD


En kyk, Ek is met julle al die dae.  (JESUS)   -  Matt. 28:20  (OV)


Wat beteken dit om te laat los laat God, en waarom is dit so uiters belangrik?  Kom ons kyk!  Om te laat los beteken om onwrikbaar te glo in die werke van God.


Om te weet waar Hy oorneem is reg en geregtigheid aan die orde van die dag.


Om te glo alles is wel al lyk alles ook hóé verskriklik verkeerd!


Om te weet daar is  *niks* om meer oor bekommerd te wees nie – want die beste Stuurman het oorgeneem!


Om die verlossing te sien!


Om die grootste Krag in jou lewe te laat oorneem – God, die Almagtige Vader.  Hy weet *presies* wát jou taak is in die lewe, en sal ongestoord kan voortgaan in sy Grootse Plan vir jou, *sonder* jou inmengery!


Dis vandag se boodskap vir ons álmal!  Kom ons GLO dit,  DOEN dit, en  MAAK dit vandag ons doelwit.  Met die Vlam van Christus in ons hande,  KÁN  ons!


Gebed:  In hierdie maand van wondere KÁN en SÁL ek ín en deur Ú!




~ Uit Daelikse Woord ~









Two Resolutions for the New Year








Take a few minutes today to make 

two resolutions for the year to come. 

Write them down where you will 

read them often. 

Then, place your hand in 

JESUS' 

hand. 

He will help you all the way!






Neem 'n paar oomblikke om twee 

voornemens te maak vir die jaar wat kom. 

Skryf hulle af waar 

jy hulle dikwels kan lees. 

Sit dan jou hand in JESUS s'n. 

Hy sal jou al die pad help!






Tuesday 29 December 2015

Maak plek








MAAK  PLEK


Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê.  – Lukas 2:7


Kersdag is verby, maar die wonder van Kersfees bly my by.  Ek onthou dat toe Josef en Maria in ‘n oorvol Bethlehem verblyf gesoek het, die hoteleienaar vir hulle plek in ‘n stal ingerig het.


Net so maak ek plek vir nuwe idees in my denke.  Ek begin die lewe met ‘n positiewe gesindheid benader, en ontdek nuwe seëninge.  My nuwe benadering tot ou probleme maak nuwe deure voor my oop, en lei my op weë wat lei tot my hoogste heil.


Ek ontspan, word stil en betree my eie innerlike Heiligdom, die woonplek van Christus in my hart.  Ek bring Hom hulde, ek loof Hom en dank Hom, en laat Hom toe om my gedagtewêreld te vul met Sy lig en liefde.


In alles wat ek dink, alles wat ek sê en doen, word Sy seëninge oorgedra, waar en wanneer dit nodig mag wees.  Seëninge wat ook die Christus in ‘n soekende mensehart aanraak en laat ontwaak.


Gebed:  Hemelse Vader, ek maak nou plek vir ‘n nuwe benadering tot die lewe.



~ Uit Daelikse Woord ~







Monday 28 December 2015

Geseënde Huis








Geseënde Huis


“Die plek waarop jy staan, is gewyde grond.”  -  Eksodus 3:5


Waar ek ookal mag woon, of die plek nou klein of groot is, dit is my tuiste, my huis, en met liefde en waardering seën ek hierdie huis van my.  Ek weet my Heer woon hier saam met my!


Die dak van my huis beskerm my.  Ek is baie dankbaar vir die rus en die kalme atmosfeer wat in my huis heers.


Die vensters van my huis laat die lig van God binne en bied my die voorreg om Sy mooi wêreld om my te kan geniet.  Of ek nou in ‘n stad woon of op ‘n plaas, of dit reën en of die son skyn, die uitsig wat ek het op Sy wêreld bly asemrowend mooi.


Gods kinders kom deur die deure van my huis na binne, en ek verwelkom elkeen van hulle met dankbaarheid in my hart.  Die mure van my huis weerspieël die aangename atmosfeer hier binne.  Liefde heers in my huis, want my Heer is hier.  Vrede heers in my huis want God is hier.  Saam met my en my geliefdes woon Hy in hierdie huis.


Gebed:  Vrede heers in my huis want God woon hier.



~ Uit Daelikse Woord ~



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






Saturday 26 December 2015

Die lewe is 'n geskenk van God aan jou








Die lewe is 'n geskenk van God aan jou.

Jy kan die geskenk van lewe aan ander gee!

Vrede is 'n geskenk van God aan jou.

Dit is 'n geskenk wat jy met ander kan deel!

God het aan jou die geskenk van blydskap gegee.

Jy kan dit aan ander gee.

God het aan jou die gawe van wysheid gegee.

Jy kan dit met ander deel.

God het aan jou die geskenk van moed gegee.

Jy kan dit met ander deel.

God het aan jou die geskenk van aanvaarding gegee.

Jy kan dit met ander deel!

God het aan jou 'n volmaakte geskenk om elke dag

vir iemand te gee - 

Hemelse geskenke van geloof, begrip, medelye en

van jou gebede.

Geniet jou geskenke van God - 

en stuur dit aan!






Kyk op en glo








Kyk op en glo!

Volg die ster en sien die lig,

En die lig sal verseker deurbreek  -

vir jou,

vir ons land en sy mense,

vir ons deurmekaar wêreld en sy mense!

Maak skoon die krip in jou hart.

Laat die Koningskind inkom

en jou Kersfees sal geseënd wees!






Ere aan God in die Hoogste Hemele








Mag u op hierdie Kersdag bewus wees van –

Die krag van Christus voor u;
Die skoonheid van Christus om u;
Die teenwoordigheid van Christus in u;
Die seën van Christus op u;
Die lig van Christus in u denke;
Die liefde van Christus in u lewe.

Mag Christus weer in u gebore word;
groei in u;
lewe in u –
Sodat die vreugde van hierdie Kersdag
u mag bybly
deur al die jare heen.



Engele van Kersfees








Engele van Kersfees

‘n groot leërskare,

sing weer die wonderlike lied

gesing in Bethlehem jare terug

toe die Kind gebore is.



Luister na hul lief met

die ore van die siel.

Sag en meevoerend,

soet en suiwer

“Glorie aan God”

- begin die lied.

En die slot –

“Vrede op aarde,

aan die mense ‘n

welbehae!“



Die Heiland is gebore








Die Heiland is gebore

in stille Bethlehem,

by blye engelsange

voeg ek my hart en stem.

So lief het God die wêreld

gehad dat Hy sy Seun,

Sy Enige, gegee het

as Middelaar en Steun.


Kom na die krip so needrig,

daar lê die Kindjie teer,

Hy is die Spruit van Dawid,

Hy is ons liewe Heer.

O Hoor ons sing, Heer Jesus,

en neem ons loflied aan!

Dis nêrens vir ons beter

as aan U sy te staan.















Stille Nag, heilige nag ...








Stille Nag, heilige nag,

oor die veld, lief en sag.

Klink die lied van die 

Engelekoor

eers deur herders,

dan verder gehoor.

Juig die Redder is daar!

Juig die Redder is daar!





Wednesday 23 December 2015

Vreugdevolle Kersfees








Vréúgdevolle Kérsfees!


Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!  En dit is vir julle die teken:  julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê.  -  Luk. 2:11-12


VANDAG weerklink die groet,  “Geseënde Kersfees!”, wêreldwyd deur ons land en ál die Christenlande in die wêreld.  Dis ‘n groet wat met liefde, deernis en alles wat mooi en goed is, van Christen tot Christen oorgedra word, dwarsdeur die wêreld.


Dit is ‘n groet waardeur ons álmal, met wie ons die dag mag deel, opnúút herinner aan die *gróótste* Geskénk wat die wêreld nog *óóit* ontvang het – die geskenk van *liefde* toe  G*O*D  Sý *Liefdesaadjie* op hiérdie aarde geplant het!


Dit is ‘n gróét waardeur ons vir mekaar sê: “Mág Christus wéér vandag opnúút gebore word in jóú hart.” 


Mag die klokke wat lui, én al die mooi Kersliedere wat gesing word, Sý lied van Vrede, Vreugde en Liefde ook in jóú hart laat ontwaak.  Maak jóú hart nou gerééd om jou Éregas vir Kersfees, Jésus ons Verlósser, te ontvang – stof élke hoekie sórgvuldig af en verwélkom Hom met jou héle hart, siél en géés – sodat Hy kan *binnekom* en Sý wónderlike *líéfde* en *líg* helder *bínne-ín* en *rondóm* jou kan *skitter-blink*.


Gebed:  God seën vir jou én jou geliefdes hiérdie Kersfees en élke dag saam met ons lieflike *JESUS* hierna!  Dánkie Pappa God, vir hierdie wónderlike Geskenk wat U aan óns, eenvóúdige ongehoorsame mensekinders, geskenk het sodat ons deur Hóm gered kan word en ook eendag deel mag hê aan die Ewige Lewe!  Amen



Uit Daelikse Woord Aangepas


  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Tuesday 22 December 2015

Geseënde Kersfees









Op 'n Kersoggend is  

L*I*E*F*D*E

'n Kindjie gebore,

wat neergelê is in 'n 

krippie

in 'n ou verweerde veestal.

Hy het 

vol liefde en deernis

na ons gekyk, en

saggies gefluister:

"Julle is my broers en susters!"

Laat ons dus om Sy ontwil mekaar liefhê

en nooit ophou

om vir Hom lief te hê,

te loof en te dien

*EN*

met hom te praat in gebed nie!!


Geseënde, Vredevolle & Vreugdevolle

KERSFEES!





Monday 21 December 2015

Christus-gesind









Christus-gesind


Kom na my toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.  -  JESUS  (Matt. 11:28)


Ek weet hoe gejáágd julle lewens is, veral nóú gedurende die voorbereidings vir My verjaardag op Kersdag.  Ek sién hoe julle julle moet haas om álles gedoen te kry, en Ek wéét en verstáán dat julle soms bekommerd voel dat julle nie gaan regkry om alles suksesvol af te handel nie.  Maar dit is nie régtig nodig om só groot te gaan nie.  Ek sal gelukkig wees as julle alles net eenvóúdig kan hou – die belángrikste is dat julle net  sáám met My die dag gaan deurbring – *dit* sal my GROOTSTE verjaarsdag-geskenk wees, want daar is só baie mense wat hééltemal vergeet van My en nie ééns ‘n enkele woord met my praat op My verjaardag nie ... Ek begryp dit nie, hulle praat met ÁLMAL, maar nét nie met My nie ....  Soms ry hulle selfs na dorpe vêr van hulle tuisdorp om daar met mense te praat ... net nie met .... My nie ?


In julle haas om dinge gedóén te kry is daar miskien nét nie genoeg tyd om stil te word en met Mý te kom praat in gebed nie, óf om My hand te vat wat ek alrééds na julle uitsteek en tóé te laat dat My liéfde julle hárte binnevloei nie – en om gebrúík te maak van Mý lig in julle gedagtes en My krág tot oorwinning nie ...


Hóé onnodig om só uit harmonie te voel, terwyl julle wéét dat ek tog áltyd net daar bý julle is – áltyd gereed en maar net té bly dat ek vir julle kan help nie!


Word *stil*, vát My hand, en stil en óngemerk sal My gesindheid júlle gesindheid word.  En wanneer *dit* gebeur, sal julle van vreugde *sing* terwyl julle werk – julle sal vrólik en opgerúimd en vól afwagting wees vir Kersfees – sonder énige spanning, en *almal* om julle óók aansteek met hiérdie gesindheid wat in my wás en is en áltyd sal wees.  Hóé wonderlik sal dit net nie wees om een massa-koor van die aarde af te hoor wat kersliedere sing nie ....


Is één gebed té veel om te vra??  Kom na *Mý* toe!!



Gebed:  Ek *KOM*, Heer van my hart – *hier is ek* - vat my hand!



Uit Daelikse Woord Aangepas

  
  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com