Thursday 3 December 2015

Dankbaarheid









Hemelse Vader,


Hoeveel rede gee U my nie tot dankbaarheid nie!
Ek wil U net weer kom dank vir elke seëning
wat ek so onverdiend uit U hand ontvang:
Dankie vir die mense wat ek liefhet,
vir die wonder van u liefde,
vir die skoonheid van die natuur,
vir babas
en blomme en wit stapelwolke,
vir musiek en boeke en vriende,
vir gesondheid en finansiële sekuriteit.
Maak dit vir my moontlik om ook dankbaar te wees
vir dié dinge wat ek graag anders sou wou hê
omdat ek weet dat hulle deel uitmaak van
u plan met my lewe.
Gee dat ek my dankbaarheid nooit vir
myself sal hou nie
maar dit elke dag aan U sal teruggee.


Amen




Nina Smit :  Sprankel vir ‘n vrou se gees




  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







No comments: