Saturday 28 November 2015

Troos









TROOS


Ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my. Ps 23:4 OV


My Heer vertroos my. Hy is my krag en my sterkte, my vrede en wysheid, te alle tye onder alle omstandighede. Selfs al gaan en deur die grootste uitdaging, ook daar sal sy seëninge my pad verlig, en ek weet verseker, alles dien slegs to my hoogste heil. Hy is met my, elke tree van die weg waarop ek my mag bevind.

Is die pyn baie diep, die teleurstelling baie groot, en ons smag na ‘n plekkie van stilte waar ons net ‘n bietjie kan rus – Hy is daar! Hy weet van die seer, Hy verstaan die teleurstelling, en in Sy liefde vou Hy ons toe. Sag en teer hoor ons Sy stem diep in ons wese: “Kom my geliefde kind, kom sit hier by My – laat my toe om jou wonde te genees met My salf van liefde, om die seer te versag met My lig wat wysheid en begrip bring, om met My krag ook jou krag tot oorwinning te wees. Kom, sit net hier by My.”


“Dankie, Vader. Ek weet nou – geen seer is te groot, geen teleurstelling te diep, geen uitdaging te duister, voor U heerlikheid, liefde en lig nie! Dankie, dankie, Vader!”


Gebed: Dankie Vader, vir die rus wat net U kan gee!



~ Daelikse Woord ~





No comments: