Monday 16 November 2015

God het mý lief! ღ









God het mý lief!



Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.  -  Ps. 34:5 (OV)


Wanneer ek begin bekommerd raak oor iets, gaan ek my diépste heiligdom van krag binne.  Ek soek my dierbáárste Heer op, vind Hom daar – waar Hy rééds op my wag - en plaas die las wat só swaar op my skouers rus net so in Sý vaderhande.  Hý wat die liefde self is, neem oor.  Daar kom rús in my gemoed, en ek besef opnuut hóé groots Sy liefde vir my wérklik is!


God het mý lief!    Hy praat met my in ‘n taal wat my síél verstaan, en die héérlike wete dat Hý in beheer is van my lewe en alles om my, bring rústigheid en vréde in my denke.


God het mý lief!    Al kan ek dit nie in soveel aardse woorde hóór nie, kom Sy boodskap van liefde hélder en dúídelik na my toe – en ek hoor Sy wóndersoete stem met my hárt en my verstánd.  ‘n Héérlike wete wat my dae móói en my lewe vól en rýk maak.


God het mý lief!    Géén probleem is onóórkomelik nie.  Géén bedreiging is groot genoeg om my met vréés en kómmer te vul nie.  Ál wat saak maak – die énigste ding wat saak maak – is dat Gód mý lief het en my nóóit sal begewe of verlaat nie!


Gebed:  Hóé wóndersoet die wéte - Gód het mý lief!   




Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: