Saturday 14 November 2015

Die Seun van God †









Die Seun van God


Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgegee om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom skenk nie? - Rom. 8:32


God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy Seun na die wêreld gestuur het sodat sondaars wat in Jesus glo nooit verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Dit het Jesus self vir Nikodemus gesê toe hy in die nag na Hom toe gegaan het (Joh. 3:1-21).


Dit is altyd moeilik vir ouers om hulle kinders te laat gaan – of dit nou vir die eerste keer skool toe of universiteit toe is, en of dit is wanneer ‘n kind trou en vir goed die huis verlaat.  Elke keer wanneer ouers hulle kinders uit die huis stuur, probeer hulle hul bes om dit vir hulle kinders so veilig en gerieflik moontlik te maak.  Maar toe God sý  Seun na hierdie wêreld toe gestuur het, het Hy goed geweet dat Jesus se hele aardse bestaan lyding sou inhou, wat uiteindelik sou uitloop op die lyding aan die kruis. Die heel ergste is dat God ook geweet het Hy sou nie daar wees toe sy Seun Hom die heel nodigste sou hê nie.  Aan die kruis het  Hy Jesus die sonde van die hele mensdom alléén laat dra sodat ek en jy sy kinders kan wees.


Jesus is die lewende bewys van God se liefde vir mense, van God se liefde vir jóú.  God het sy Seun gestuur sodat jy, omdat jy in Hom glo, die ewige lewe kan hê.


Het jy al God se genade-aanbod aanvaar?


Here God, dit laat my sprakeloos dat U u Seun na die wêreld gestuur het om in my plek te ly, dat U Hom aan die kruis verlaat het sodat ék u kind kan wees.  Baie dankie vir u genade.


Nina Smit


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





1 comment:

LoadTiger said...

Nice Blog!
I really liked it, you can also check out my website:
http://loadtiger.ga/
You can get FREE SOFTWARE & more there!
Maybe check out CCleaner or Ashampoo