Friday 13 November 2015

Beskerming








Beskerming


Die Here is my toevlug, vier wie sou ek vrees?  -  Ps. 27:1


Waar ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek wéét my Heer is mét my om my te beskérm en te onderskraag.  Ek kan nêrens wees waar Hy nié is nie.  Daar is *niks* wat Hy nié kan heel nie – en *géén* uitdaging waardeur Hy my nie véilig kan lei nie!


Die wete dat ek nóóit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om blýmoedig voort te gaan.  Hy voorsien my van ál die krag wat ek óóit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om die régte besluite te neem en die móéd en dúrf om dit deur te voer.


As ek in die diépste duisternis is, is my Heer mét my.  Sweef ek oor die hóógste bergtoppe van púre geluk – dan is Hy ook stééds daar by my.  In my smárt en in my vréúgde is Hý die tróúe Vriend aan my sy.  Hy help my om pósitief te bly onder álle omstandighede, en saam met Hóm word elke probleem slegs ‘n gelééntheid om *nóg* nader aan Hom te g


Élke oomblik, élke uur, is Hy mét my – vir wié sou ek dan vrees!


Gebed:  Die Here is my toevlug.



Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






No comments: