Friday 20 November 2015

Die "ja" van God








Die “ja” van God


Lees 2 Korintiërs 1:17-22


 “Want Jesus Christus, die Seun van God ... is nie ‘ja’ en ‘nee’ tegelyk nie.  Hy is die ‘ja’ van God, die ‘ja’ op al die beloftes van God” (2 Kor 1:19-20)


Omdat Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy elke belofte van God in vervulling laat gaan.  Die hoogste vervulling van God se beloftes is die ewige lewe wat Hy aan ons gegee het – en dit was net moontlik deur die soenverdienste van Jesus.


Wanneer jy weer aan die betroubaarheid van God se beloftes begin twyfel, dink dadelik aan Jesus en kyk na die kruis op Golgota.  Die feit dat Jesus aan die kruis gesterf het sodat ek en jy vir altyd kan leef, is vir ons die klinkklare bewys dat God “ja” sê op elke belofte wat Hy aan ons gemaak het.


Here Jesus, ek loof U omdat U die “ja” op elke belofte van God is.  Dankie dat ek na die kruis kan kyk en kan weet dat die ewige lewe reeds myne is.  Amen




Nina Smit : Uittreksel uit  Die Groot Dagboek


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









No comments: