Monday 28 September 2015

Ek bid vir jou!








EK BID VIR JOU


U is met my.  -  Ps 23:4 (OV)


Geliefde, ek bid vir jou vanuit my eie diepste heiligdom van krag, en ek sien hoe ‘n stráál van lig vanaf my denke jou denke verlig.  Jy neem die regte besluite, word gelei op die regte weg – die weg van lig – en met die insig en begrip wat jy aan die dag lê, is jy ‘n wénner in Jesus!


Ek bid vir jou, en ek sien hoe die liefde in mý hart soos ‘n helder stroom ook jóú hart binnevloei.  Liefde wat beskérm, liefde wat vertróós en rús bring, dit bid ek jou toe, en ek sien hoe jy kálm en rústig, *veilig toegevou* in Góds liefde, élke nuwe dag begin.


Ek bid vir jou, en ek sien hoe ‘n krágstroom van gebed jou héle wese verlig, en jy staan stérk en vól moed, wát die uitdaging voor jou óókal mag wees.


Geliefde, om te bid vir Góds lig, sý liefde en sý krag vir jou, gee ek vir jou die gróótste geskenk wat ek óóit vir jou kan gee.  Mag Hý wat die liefde *sélf* is ook jóú hart oopmaak, totdat jy spóntaan saam met die psalmdigter kan uitroep – U is waarlik met My!  U stok en U staf die vertroos my!”


Gebed:  Geliefde, ek *bíd* vir jóú, en síén jou ‘n wénner!!!



~ Uit Daelikse Woord  Aangepas ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



Sunday 27 September 2015

Vriende - dankie dat julle my vriende is! ღ








Jy het nie 

'n sekere aantal

vriende nodig nie,

net vriende waaroor 

jy seker kan wees.



Fynbos Vrou





You are beautiful





God se arms onder my








God se arms is onder my!


Daar is niemand soos die God van Israel nie.  Hy ry deur die hemel om jou te help.  Die ewige God is jou skuilplek en onder jou is sy ewige arms.  -  Deuteronomium 33:26-27


Here my God


Daar is niemand soos U nie.
U ry deur die hemel om my te help,
oor die wolke in u majesteit.
U, die ewige God, is mý wegkruipplek,
ek kan te alle tye veilig by U skuil.
U bewaar my van alle gevare
sodat ek nooit vir enigiets hoef bang te wees nie.
U is vir my ‘n skuilplek
en onder my is u ewige arms.
U verdryf my vyande voor my uit;
daarom sal ek in veiligheid woon
en altyd voorspoedig wees.
Ek sal in sekerheid woon in ‘n land van koring en wyn
waar dou van die hemel drup, omdat U vir my sorg.
Ek sal geseënd wees omdat U my gered het.
U is die skild wat my beskerm,
die magtige swaard wat my veilig sal hou.
Daarom sal my vyande laag voor my buig
en ek sal op hulle offerplekke trap.


Amen




Nina Smit : Vreugde in die môre


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



Blydskap








BLYDSKAP


Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige naam.  -  Ps. 97:12


Gíster nog het ek U gesoek, Heer, en vándag loop my hart oor van pure blýdskap en dank oor *dít* wat ek gevind het!  In álles en álmal om my sien ek die wónderwerke van Ú lig, Ú liefde en Ú krag.  In díépe ootmoed word ek dan stil voor  U, ek raak die soom van U klééd aan, en die vréúgde wat my siel binnevloei in tye soos híérdie, ken géén grense nie!


Dit laat ‘n liéd in my siél ontwaak, ‘n vrolike lied wat almal óm my seën en óphef, ‘n vrolike lied wat opklink tot by U tróón, en vréde en vréúgde bring op aarde.


My héle wêreld verander.  Álles word móóier, mense word vríéndeliker, hármonie en blýdskap heers, en ons prys Ú heilige naam!


Ek wil nié graag hierdie blydskap wat net Ú my kan gee, verloor nie, Heer, daarom gaan ek my daarop tóélê om élke dag ‘n tydjie af te sonder om alléén saam met U te wees – om opnúút gevul te word met Ú liefde wat sóveel vreugde bring.  Dánkie, Heer, dat U áltyd daar is in mý!


Gebed:  Ek is blý in die Here!



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









Friday 25 September 2015

Plek van Stilte







Plek van Stilte


Laat die vrede van God in julle harte heers.  Kol 3:15 (OV)


Diép, diép in my hart is daar ‘n plek van ábsolute stilte, van onéindige kalmte.  Al word my gedagtes hóé onstuimig, hiérdie plek bly stil en rústig.  Dít is die plek binne-in my waar Chrístus woon,  dit is my éie diepste héíligdom van krag, slegs één gebed, één gedagte ver.


Hiér word my gedagtes stil in die lig van Sý liefde – hiér vind ek vrede, krag en heling vir my héle wese.  “Wees stil en weet dat Ék God is,” is die hemelse bevel wat ek gedúrig vanaf hiérdie middelpunt binne-in my ontvang.


Ek gaan dikwels hiérdie wonderlike heiligdom van lig, liefde en krag binne.  Soms wánneer dit stil en rustig is om my, ánder kere weer in die geroesemoes en gejaag van my bésige lewe.    Hy is áltyd daar, áltyd gereed om gedúldig na my te luister, om ‘n tráán af te droog, om my hánd te vat en my te lei op die regte weg vir mý – om my hart met Sy líéfde te vul en rús te bring in my málende gedagtes.


Ís daar nog ‘n geskenk só groot soos híérdie liefde en vrede áltyd daar vir my?  Hóé sê mens dankie voor die wonder van só ‘n gróótse liefde?


Gebed:  Dánkie, dánkie dierbare Hemelvader, vir Ú vrede wat heers in mý hart.




~ Daelikse Woord aangepas ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




poppieoosthuizen  @  gmail.com



Om boodskappies via epos te ontvang







Om van hierdie boodskappies 
via epos te ontvang 
om vir jul vriende te stuur - 
stuur net vir my 'n epos 
met julle eposares na:  
poppieoosthuizen @ gmail.com .

Sien julle daar ...

Hoe lyk jou huis? (4) (Slot vd reeks)








Hemelse Vader,


U weet hoeveel dinge daar is wat
elke dag my aandag eis,
sodat dit soms werklik vir my voel
asof ek nie verder kán nie.
Maak my rustig Here, en help my
om my innerlike wêreld te orden
sodat daar weer vrede en kalmte in my lewe kan kom.
Dankie dat ek ‘n huis mag hê – ‘n huis wat
soms so baie van my tyd in beslag neem
dat ek maar liewer die stof miskyk
en ander dinge gaan doen wat vir my
belangriker as huiswerk is.
Sal U my asseblief help om
die goue middeweg te vind:
dat ek genoeg van my tyd en kragte
aan my huis sal bestee sodat dit
‘n tuiste vir my mense sal wees,
sodat ons huis vir hulle mooi en smaakvol sal wees,
maar dat ek tog nog genoeg tyd sal oorhu
vir dié dinge wat wérklik belangrik is.
Leer my om my tyd reg in te deel, Here,
sodat ek nie deur meer te doen as wat nodig is
myself daarvan sal weerhou om dié dinge te doen
wat U van my verwag nie.  Gee dat ek
altyd eerste op U ingestel sal wees.


Amen


Dit is die einde van die hoofstuk
uit Nina Smit se boek
In God se Omhelsing
Baie dankie dat julle saamgelees het!

Liefde,
Poppie





Hoe lyk jou huis? (3)








En dis nou hier waar my Grahamstadplakkertjie inkom!


Ek wil geensins beweer dat ‘n netjiese, ordelike huis beteken dat die vrou van daardie huis ‘n nuttelose lewe lei nie.  Maar, liewe vriendin, jy wat nie tyd het om met God stil te raak nie, jy wat nooit meer gedigte lees, na musiek luister of langs die see gaan stap nie, jy wat verby jou man en kinders lewe, jy wat op soveel komitees dien, jy wat jou breek om op vyf plekke gelyk te wees – hoeveel onnodige tyd bestee jy aan matte suig en stoof skoonmaak, aan vloere was en potte skuur?  Miskien kan jy soos Anne Lindbergh ‘n hele nuwe wêreld voor jou sien oopgaan as jy kan leer om minder pefeksionisties in jou huishouding te wees.

Al die onmoontlike eise wat aan hulle gestel word, laat al hoe meer moderne vrou aan stres en depressie ly.  Ons loop gevaar om in stukke te breek omdat ons nie genoeg innerlike kleefstof het om daardie stukke bymekaar te hou nie.  Kom ons besluit vandag om van nou af eerste dinge eerste te stel.  Om nooit vir God en die mense in ons lewe af ge skeep ten gunste van ons huishoudelike  verpligtinge nie.  As ons kan leer om minder belangrike dinge tweede te stel ten gunste van dié dinge wat werklik saak maak, as ons ons innerlike wêreld orden, sodat ons geestelik sterker kan word, kán ons dit regkry om die probleem vir altyd hok te slaan.


Gaan jy probeer?


(3 van 4)



Hoe lyk jou huis? (2)








Anne Morrow Lindbergh skryf in  Gifts from the Sea:

‘Distraction is, always has been en probably always will be, inherent in a woman’s life.  For to be a woman is to have interests and duties, raying out in all directions from the central mother-corelike spokes from the hub of a wheel.  We must be open to all points of the compass:  husband, children, friends, home, community; stretched out, exposed, sensitive like a spider’s web to each call that comes.’

Daar is net een manier waarop ons kan verhinder dat hierdie honderde eise wat aan ons gestel word ons uitmekaarbreek, sê Lindbergh.  En dit is om ons lewe te vereenvoudig, om van onnodige dinge ontslae te raak.  Minder klere beteken dat ons nie langer ure voor ons klerekaste sal staan en wonder wat om aan te trek nie;  ‘n kleiner huis met minder meubels beteken minder huiswerk;  eenvoudiger maaltye beteken meer tyd vir dinge wat werklik belangrik is.  Een van die dinge waarvan Anne persoonlik moes afsien, was haar puriteinse gewete oor absolute netheid en sindelikheid.


(2 van 4)



Hoe lyk jou huis?






Kom lees saam met my ‘n hoofstuk uit Nina Smit se boek In God se Omhelsing
(Dit is So Spesiaal vir ons Vroue Bedoel!)


Hoe lyk jou huis?


‘Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak ....
Maar die Here antwoord haar:  “Marta, Marta,
jy is besorg en bekommerd oor baie dinge,
maar net een ding is nodig.
Maria het die beste deel gekies,
en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”’

Lukas 10:40-42


Tydens ‘n besoek aan die Grahamstadse kunstefees ontdek my perfeksionistiese ander helfte ‘n stalletjie met die mooiste yskasmagnete met allerhande interessante spreuke daarop geskryf. Goedgunstiglik bied hy aan om vir my een te koop.  Maar as ek uiteindelik – ná letterlik ‘n uur se gelees en gegrawe – my keuse triomfantlik aan hom oorhandig, weier hy eers botweg om daarvoor te betaal!  Dié man van my sluk naamlik al sewe-en-twintig jaar lank swaar daaraan dat hy met ‘n vrou getroud is wat veel minder netjies as hy self is.  ‘A well-kept home is a sign of a misspent life,’ proklameer die fraai magneetjie van my keuse.  En hoe hartgrondiglik stem ek nie daarmee saam nie!

Dit is ‘n probleem van vroue die wêreld oor dat hulle veel meer dinge het om te doen, as tyd waarin daardie dinge gedoen moet word. 


(1 van 4)


Thursday 24 September 2015

Wêreldvrede







Wêreldvrede


Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak;  want  U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.  -  Ps. 4:9 (OV)



Laat Lig vanuit die denke van God,
die denke van die mens helder verlig.
Laat daar Lig wees, Heer!
Laat Liefde vanuit die hart van God,
die hart van die mens binnevloei –
mag Christus gou na die Aarde terugkeer.
Laat die Wil van God soos in sy koninkryk,
ook die klein menslike wil rig en lei.
Laat die Plan van Liefde en Lig in en deur
die mens werk en straal,
en mag dit die poort verseël waar
die bose woon.
Laat Lig en Liefde en Krag, die Plan
op die Aarde herstel.


“Die Gebed heel agter in die Daelikse Woord boekie is vir my baie belangrik.  Ek bid dit soms meer as eenkeer per dag om so my geloof te versterk,” sê een van ons Ligvriende.  En ons bid saam – elke dag!


Gebed:  Laat daar Lig wees, Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



mamma333  @  gmail.com

My mamma sou vandag 105 gewees het ღ






Vandag word daar fees gevier

in die hemel

en engele sing die mooiste

verjaardag liedjies vir my spesiale 

MAMMA

Hoe graag sou ek nie weer

omsirkel in haar arms wou staan nie!

Maar sy is waar sy die meeste tuis sou wees

by haar VADER in die Hemel!




MOEDERLIEFDE


Hoe diep is Moederliefde!
Wie ken die moederhart -
so vol van teer emosies -
So dikwels vol van smart.
Dis sterk en onselfsugtig,
sal altyd stand kan hou.
Niks kan dit ooit vernietig,
dit laat weigel of verflou.
Dit vergewe -
dis toegeeflik,
al stel ander stoms teleur.
Daardie liefde sal nooit feil nie,
al sou pyn die hart verteer.
In verdoeming en vervolging,
hou die moederliefde stand,
gloei dit met die glans en glorie
van 'n egte diamant.
Dis gelowig,
vol vertroue,
sal die grootste mag trotseer.
Dis so diep,
so onverklaarbaar
soos die skepping van die Heer.
Dis 'n grootse skeppingswonder,
vol van glorie -
vol van krag,
en so sprekend van 
Gods Grootheid 
en Sy eie Liefdemag.


~ Helen Steiner Rice ~



(My mamma en ek het die ispirerende kaartjies in die Pitco Tee pakkies 
van Helen Steiner Rice bymekaar gemaak en saam gelees
toe ek maar net 'n jong dogtertjie was.
So ook die Daelikse Woord boekies wat sy my leer lees het,
sodat haar meisiekind op die regte spoor moet bly.
En jy het dit reggekry my Liewe Mamma,
want ek doen dit vandag nog,
al is ek so ampertjies 70!
Baie dankie daarvoor my Mamma!


{{{ Elke daggie 'n dag nader tot ons mekaar weer sien }}}

ღ Jouse Meisiekind ღ


© Poppie Oosthuizen




Wednesday 23 September 2015

Wat God bly maak







Hemelse Vader,


Dit laat my verstand duisel dat U wat die Skepper is van die hemel en die aarde, oor mý bly kan wees, al ken U my deur en deur en al weet U presies hoe sondig ek is.  Here, ek wil graag só lewe dat ek ook aan u blydskap sal gee.  Help my om gehoorsaam aan U te wees, om u blye boodskap uit te dra, om te jubel en te juig oor U.  Wys vir my wanneer ek u pad byster raak sodat ek weer terug na die Vaderhuis kan draai.  Help my om U al beter te ken en U al liewer te kry.  Leer my om al die goeie en genotvolle dinge wat U geskep het te geniet en te koester sodat my godsdiens vir my elke dag ‘n vreugde sal wees en ek ele dag  oor U bly sal wees.


Amen




Nina Smit :  Elke dag ‘n vreugepad

'n Ruiker propvol liefde








Vanaand stuur ek vir jou

'n ruiker propvol 

Liefde, Lewenslus, Positiwiteit, Vreugde, Inspirasie en

Glimlaggies met hope takkies Jesus Genade

tussenin!!





Koester ons Taal @ FB

Veilig








VEILIG


Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.  -  Ps 91:11


Is dit darem nie te wonderlik vir woorde nie – om te dink, die Here sal sy engele opdrag gee om ons te beskerm waar ons ookal gaan.  Veral nou in hierdie tyd van moorde en aanvalle en kapings hier in ons land, is daar nie ‘n beter wapen teen al hierdie onheil en gevare nie, as engele, die boodskappers van God, wat ons beskerm.


In die Lig van God, dis waar ons die engele sal kry, want engele is lig.  En as ons wandel in die lig, wandel hulle saam met ons, en hulle sal ons berskerm om elke hoek en draai.


Engele is ook liefde, en as ons die liefde van ons Heer in ons hart ons eie maak, trek ons die aandag van die engele, en met ‘n hemelse liefde sorg hulle vir ons.


Maar engele is ook krag, en as ons vas staan in ons geloof  in die krag van God, sal die engele stelling inneem saam met ons, en geen uitdaging of gevaar is te groot om te oorkom nie!


As boodskappers van God sal hulle ons lei op die regte weë, en ons sal rustig kan slaap.


Gebed:  Dankie, Vader, vir U engele wat my beskerm!



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

  

mamma333  @  gmail.com