Sunday 27 September 2015

Blydskap








BLYDSKAP


Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige naam.  -  Ps. 97:12


Gíster nog het ek U gesoek, Heer, en vándag loop my hart oor van pure blýdskap en dank oor *dít* wat ek gevind het!  In álles en álmal om my sien ek die wónderwerke van Ú lig, Ú liefde en Ú krag.  In díépe ootmoed word ek dan stil voor  U, ek raak die soom van U klééd aan, en die vréúgde wat my siel binnevloei in tye soos híérdie, ken géén grense nie!


Dit laat ‘n liéd in my siél ontwaak, ‘n vrolike lied wat almal óm my seën en óphef, ‘n vrolike lied wat opklink tot by U tróón, en vréde en vréúgde bring op aarde.


My héle wêreld verander.  Álles word móóier, mense word vríéndeliker, hármonie en blýdskap heers, en ons prys Ú heilige naam!


Ek wil nié graag hierdie blydskap wat net Ú my kan gee, verloor nie, Heer, daarom gaan ek my daarop tóélê om élke dag ‘n tydjie af te sonder om alléén saam met U te wees – om opnúút gevul te word met Ú liefde wat sóveel vreugde bring.  Dánkie, Heer, dat U áltyd daar is in mý!


Gebed:  Ek is blý in die Here!



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









No comments: