Friday 11 September 2015

Troos






TROOS


God sal al die trane van hul oë afdroog.  -  Openb. 7:17


Al is die nag hóé donker, Ú Heer, is mét my -  U verkwik my siel.  U maak my hart weer heel en bring vrede in my hartseer gemoed.

Al voel ek hóé eensaam en verlate, Ú Heer is mét my – U vou my toe in u mantel van liefde en troos en verseker my dat ek nóóít alleen is nie.

Hóé groot die nood ookal is, Ú vertroos my.  U hou my stýf vas – u droog die trane van my oë af, en gee my moed om weer aan te gaan.

En as álles om my in duie stort het en ek nie herwaarts of derwaarts weet nie, is dit nog stééds  Ú wat my vrees en angs wegneem, wat my lei en aanspoor om met nuwe ywer en volharding wéér op te staan en voort te gaan.

Ú moedig my aan om op te hou dink aan dít wat kón gewees het, en herinner my daaraan dat u my liefhet en my nooit sal begewe of verlaat nie.

En al is my hart hóé ontroosbaar seer, reik U u hand na my en trek my nader  en vou U my toe in u vertroostende arms – en ek wéét dit is nét by U wat ek rus en vrede sal vind vir my bang gemoed.


Gebed:  Dankie, dierbare Vader, vir elke traan wat u afdroog.





~ Uit Daelikse Woord ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







mamma333  @  gmail.com



No comments: