Friday 25 September 2015

Hoe lyk jou huis? (3)








En dis nou hier waar my Grahamstadplakkertjie inkom!


Ek wil geensins beweer dat ‘n netjiese, ordelike huis beteken dat die vrou van daardie huis ‘n nuttelose lewe lei nie.  Maar, liewe vriendin, jy wat nie tyd het om met God stil te raak nie, jy wat nooit meer gedigte lees, na musiek luister of langs die see gaan stap nie, jy wat verby jou man en kinders lewe, jy wat op soveel komitees dien, jy wat jou breek om op vyf plekke gelyk te wees – hoeveel onnodige tyd bestee jy aan matte suig en stoof skoonmaak, aan vloere was en potte skuur?  Miskien kan jy soos Anne Lindbergh ‘n hele nuwe wêreld voor jou sien oopgaan as jy kan leer om minder pefeksionisties in jou huishouding te wees.

Al die onmoontlike eise wat aan hulle gestel word, laat al hoe meer moderne vrou aan stres en depressie ly.  Ons loop gevaar om in stukke te breek omdat ons nie genoeg innerlike kleefstof het om daardie stukke bymekaar te hou nie.  Kom ons besluit vandag om van nou af eerste dinge eerste te stel.  Om nooit vir God en die mense in ons lewe af ge skeep ten gunste van ons huishoudelike  verpligtinge nie.  As ons kan leer om minder belangrike dinge tweede te stel ten gunste van dié dinge wat werklik saak maak, as ons ons innerlike wêreld orden, sodat ons geestelik sterker kan word, kán ons dit regkry om die probleem vir altyd hok te slaan.


Gaan jy probeer?


(3 van 4)



No comments: