Sunday 6 September 2015

Gebed






GEBED


‘n Mens moet gelowig bid en nie twyfel nie.  -  Jak. 1:6


Geloof wanneer ons bid, is die antwoord, ánders is jy soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word ... sê Jakobus verder.

Sóms, as ons gebid het, en álles in ons vermoë gedoen het om omstandighede te verbeter, maar dit lyk asof daar niks gebeur nie, begin ons wonder of ons gebed óóit beantwoord gaan word, en onmíddellik is ons die hulpelose brander in die see!

Dán het dit tyd geword om vás te staan in ons geloof.  Om te wéét, toe ons gebid het, hét die krag van God oorgeneem, ál kan ons nie sy werke sien nie.  Om só te glo, dat ons die geringste vrees of twyfel ónmiddellik kan vervang met ‘n líéd van dank, kán ons seker daarvan wees dat dinge sál verander – Gods werke kan nóóit faal nie.

Ons bid, en wag gedúldig op die vólmaakte werk van Sý wonder-werkende Lig, Liefde en Krag en élke keer wanneer ons dit síén, is ons geloof so ‘n bietjie sterker.


Gebed:  U werke, Heer, faal nóóit, en ek sê dankie, dankie dierbaarste Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com