Saturday 12 September 2015

Begin weer






BEGIN WEER


Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  -  Jes. 41:13



Heer van my hart,


Ek het gevál!  Help my op asseblief?  Gee my die krag om te weet ek is gereed om te doen wat ek móét doen, dat  Ú my elke oomblik van élke dag behoed en bewaar in U líéfde en U wýsheid só wonderbaar.  Laat Ú vrede heers in my denke, U rus in my hárt.


In Ú hande plaas ek nou ál my vrese, my twyfel én onsekerheid.  Los van alles wat my só bind, gaan ek voort, séker daarvan dat U élke tree van die weg mét My is.  Hoe héérlik om so in U Lig  en Liefde te kan voortgaan op my lewenspad, wat nóú ‘n pad van lig geword het – hoe díép my dank vir U liefde wat my stééds veilig en beskut voortlei.


En nóú, vry en bly omdat U my so vry gemaak het, hóór ek U welkom stem hélder en dúídelik vanuit my diepste wese:


“My geliefde kind, ontspan, want kyk, Ek is net hier bý jou.  Ek ken élkeen van jou behoeftes, en onthou net – Mý lig skyn helder op jou pad, Mý liefde beskerm jou en Mý krag is jóú oorwinning.  Élke oomblik is Ek mét jou – Ek hou jou hand stýf vas!”


Gebed:  Dánkie, dánkie dierbare Heer, vir Ú krag tot mý oorwinning.




~ Uit Daelikse Woord ~







  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






mamma333  @  gmail.com

No comments: