Thursday 10 September 2015

Sondebelydenis







Sondebelydenis


Teen U alleen het ek gesondig;  ek het gedoen wat vir U verkeerd is.  

Neem weg my sonde sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as 

sneeu kan wees.  -  Psalm 51:6, 9




Hemelse Vader,


Ek kom pleit om u genade.

Sal  U asseblief my sonde uitwis

omdat  U barmhartig is.

Was my skoon van my skuld

en reinig my van al my sonde,

want ek ken my oortredings

en my sonde is gedurig voor my.

Teen  U alleen het ek gesondig,

ek het gedoen wat verkeerd is in u oë;

daarom is u uitspraak teen my regverdig.

Neem tog weg my sonde, Here,

sodat ek weer skoon kan wees,

was my sodat ek witter as sneeu kan wees.

U het my stukkend gebreek –

moenie langer bly fokus op my sondes nie.

Skep weer vir my ‘n rein hart, o God,

en gee vir my ‘n nuwe, standvastige gees.

Bly by my, en moenie u Heilige Gees

van my wegneem nie.

Gee my weer die vreugde van iemand

wat deur  U gered is,

en wees my, sondaar, genadig.



Amen





Nina Smit  :  Vreugde in die môre



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







mamma333  @  gmail.com



No comments: