Wednesday 23 September 2015

Veilig








VEILIG


Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.  -  Ps 91:11


Is dit darem nie te wonderlik vir woorde nie – om te dink, die Here sal sy engele opdrag gee om ons te beskerm waar ons ookal gaan.  Veral nou in hierdie tyd van moorde en aanvalle en kapings hier in ons land, is daar nie ‘n beter wapen teen al hierdie onheil en gevare nie, as engele, die boodskappers van God, wat ons beskerm.


In die Lig van God, dis waar ons die engele sal kry, want engele is lig.  En as ons wandel in die lig, wandel hulle saam met ons, en hulle sal ons berskerm om elke hoek en draai.


Engele is ook liefde, en as ons die liefde van ons Heer in ons hart ons eie maak, trek ons die aandag van die engele, en met ‘n hemelse liefde sorg hulle vir ons.


Maar engele is ook krag, en as ons vas staan in ons geloof  in die krag van God, sal die engele stelling inneem saam met ons, en geen uitdaging of gevaar is te groot om te oorkom nie!


As boodskappers van God sal hulle ons lei op die regte weë, en ons sal rustig kan slaap.


Gebed:  Dankie, Vader, vir U engele wat my beskerm!



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

  

mamma333  @  gmail.com


No comments: