Tuesday 22 September 2015

'n Rolmodel








‘N  ROLMODEL


In alles moet jy self vir hulle ‘n voorbeeld stel van goeie werk.  -  Titus 2:7


As daar nou een ding is wat vir my mooi is om te sien in andere om my, is dit ménsedeernis.  Daardie mense wat úít hul pad uit gaan om ándere te help en by te staan, dáárdie mense wat nie omgee hóéveel tyd en energie hulle afstaan aan ‘n ander in nood nie.  Ek noem hulle rólmodelle.  Jesus het hulle die barmhártige Samaritane genoem.


Soms wonder ek hoe hierdie mense dit regkry om só vol liefde en deernis te wees en te blý, óngeag hoe andere hulle soms misbruik.  Dan wéét ek, daar is net één antwoord – dis nie húlle met hul menslike verstand wat die dinge doen nie, dis CHRISTUS  wat met sy líéfde in hul harte óórgeneem het – dis Hý wat *in* hulle en déúr hulle die werke doen.  En dán bid ek:


“Héér van my hart,

Ek wéét U woon in mý hart,
maar ek wil óók ‘n rolmodel wees
teenoor andere.
Réínig my hart in Ú helder lig, Heer;
maak élke hoekie skoon
vir Ú liefde om te vul,
want dis wánneer  Ú oorneem
wat óns rolmodelle word.
Máák my een Heer asseblief!”



Gebed:  Ek   IS  ‘n rolmodel, want  Ú Heer, leef in mý hart!



~ Uit Daelikse Woord aangepas ~





No comments: