Thursday 17 September 2015

Vry








VRÝ


Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.  – 2 Kor. 3:17



Waar die Gees van die Here is, sê die teks hier bo, is daar vryheid.  En wáár is hierdie Gees?  Díép in ons harte, diep in ons díépste heiligdom van krag, dit is waar hiérdie Gees is, en as ons Hom ín en déúr ons laat leef, hoe wónderlik die vryheid wat ons ervaar as Gods gelíéfde kinders!


Ons is vólkome vry om te handel en te wandel in die lig van die Vader, en ons doen dit ook.  Waar daar líg is, wyk álle duisternis, en ons vryheid ken géén beperkings nie.


Ons is vry om in die liefde van die Seun te léwe, en ons dit dit ook.  In híérdie liefde wat steeds in ons en om ons vloei, word ons genees na géés, síél en liggáám.  Genesing bring vryheid, en vryheid bring seëninge vir ons en ons medemens.


Ons is vry om te léwe en te bewéég in die krag van die Heilige Gees wat steeds ín ons en déúr ons werk, en met moed en durf gaan ons voort op ons pad van lig – héérlik vry!


In híérdie lig, liefde en krag van God, is ons vry om ‘n vól en rýk lewe te geniet.


Gebed:  Ú gees in my, Heer, maak my, o, só heerlik vry!




~Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



mamma333  @  gmail.com

No comments: